sal jy 'n
krediettoets slaag?

'n Samewerking met

Jou kREDIETVERSLAg IS noodsaaklik IN 'N Wêreld
ná Covid-19

Ten spyte daarvan dat die Covid-19-inperkings landwyd verslap het, word 8 uit 10 Suid Afrikaners nog steeds finansieel negatief beïnvloed, wys TransUnion se jongste Financial Hardship-peiling.

Meer as 35% verbruikers wat geraak word, sê hulle gebruik hul spaargeld om rekeninge te betaal, terwyl 21% van die respondente sê hulle het geld geleen by vriende of familie.

86% van die verbruikers wat geraak word, sê hulle is baie bekommerd oor hulle vermoë om rekeninge en lenings te betaal, en 26% van hierdie verbruikers voorsien ‘n tekort aan fondse binne een maand. Die gemiddelde maandelikse bedrag wat verbruikers verwag hulle gaan tekort skiet wanneer hulle lenings en rekeninge betaal, het met 12% verhoog van R6 546 in September 2020 tot R7 354 in Oktober vanjaar.

As jy genoop word om geld te leen om jou maandelikse verpligtinge na te kom, is dit belangrik dat jy ten volle bewus moet wees van jou vermoë om enige nuwe skuld terug te betaal, en ook om te weet wat voornemende kredietverskaffers sien wanneer hulle na jou kredietverslag kyk.

‘n Kredietverslag is een van die kragtigste finansiële stukkies gereedskap beskikbaar vir verbruikers. Elkeen van ons is geregtig op een gratis kredietverslag per jaar, maar net 1% van Suid Afrika se 25 miljoen aktiewe verbruikers ondersoek hulle kredietverslae.

Die meeste verbruikers verstaan wat krediet is, maar bitter min verstaan hoe dit hulle finansies op die langtermyn raak. Die eerste tree op die reis na finansiële gesondheid begin met die lees en verstaan van jou kredietverslag.

Wat is 'n kredietverslag?

‘n Kredietverslag is ‘n rekord van jou kredietgeskiedenis en betalingsgedrag en die verslag word onderhou deur kredietburo’s soos TransUnion. Dit weerspieël ‘n 24-maande verslag oor hoe jy jou rekeninge betaal.

Dit sluit in:

  • Persoonlike inligting: jou naam, identiteitsnommer, adres, huwelikstatus, werkgewer-inligting en kontakbesonderhede;
  • Rekening-inligting: ‘n Lys van elke bank en besigheid wat ooit vir jou krediet of ‘n lening gegee het; jou kredietlimiet, lenings en hoe jy dit bestuur;
  • Huidige finansiële inligting: Jou skuldvlak en hoeveel keer jy vir krediet aansoek gedoen het;
  • Navrae: Wie het jou kredietprofiel ondersoek en om watter rede; en
  • Negatiewe inligting: paaiemente wat jy gemis het, of wanneer daar ‘n oordeel teenoor jou uitgereik is, kennisgewings en meer.

Hoe word 'n kredietverslag geskep?

Leners en ander dataverskaffers dien elke maand jou krediet- en leningsgeskiedenis, en jou betalingsrekord, in aan kredietrapporteringsmaatskappye soos TransUnion.

Wat is die verskil tussen 'n kredietverslag en 'n krediettelling?

‘n Kredietverslag is ‘n dokument wat inligting oor jou finansiële geskiedenis inhou, en ook hoe betyds jy met jou betalings is.

‘n Krediettelling is ‘n drie-syfer nommer gebaseer op die inligting in jou kredietverslag wat kredietverskaffers help om te evalueer hoe veilig of riskant jy as ‘n verbruiker is.

WAarom is 'n goeie krediettelling belangrik?

Wanneer jy aansoek doen vir krediet, sal banke en kredietverskaffers jou kredietverslag raadpleeg om te sien hoe veilig of riskant jy as verbruiker is.

‘n Hoë krediettelling kan jou dalk help om ‘n laer rentekoers te kry vir lenings. ‘n Kredietverslag met negatiewe inligting soos paaiemente wat nie betyds betaal is nie en uitsprake, asook te veel navrae vir lenings en krediet oor ‘n kort tydperk, kan ‘n lae krediettelling tot gevolg hê. Dit kan beteken dat jy hoër rentekoerse kan betaal, of dalk krediet geweier word.

Wat beïnvloed my krediettelling?

Die grootste invloed op jou krediettelling is jou betalingsgeskiedenis – hoe jy jou rekeninge beheer en of jy die rekeninge betyds betaal. Dit help ook om ‘n gesonde kredietmengsel – winkelrekeninge, kredietkaarte, huislening- en dienskontrakte – te hê om ‘n goeie kredietgeskiedenis te vestig.

Wie kyk na my kredietverslag en hoekom?

Wanneer jy aansoek doen vir krediet – soos ‘n huislening, nuwe kredietkaart of ‘n nuwe selfoonkontrak – sal banke en kredietverskaffers jou kredietverslag aanvra om te sien of jy geskik is vir krediet.

Hoe kry ek my kredietverslag in die hande?

Die goeie nuus is dat dit maklik is om jou kredietverslag te kry. Jy kan jou kredietverslag een maal elke 12 maande gratis aflaai by TransUnion.

Hoe om jou krediettelling te verbeter

Ons het al gepraat oor hoe belangrik jou kredietverslag is in ’n wêreld waar baie mense weens die koronaviruspandemie finansieel sukkel, en om te weet wat voornemende kredietverskaffers sien wanneer hulle na jou kredietverslag kyk.

Maar hoe gaan jy te werk om jou krediettelling te verbeter en om jouself aantrekliker te maak vir leners wanneer jy jou kredietverslag het (een keer per jaar gratis)?

Jou krediettelling is nie ’n goedkeuring of afkeuring van jou en jou kredietgedrag nie. Dit bepaal ook nie of jy vir krediet kwalifiseer nie. Wanneer jy aansoek doen vir krediet, gebruik leners jou krediettelling as ’n aanduiding van jou algemene krediet- en betalingsgedrag om te sien of jy die terugbetaling van krediet kan bekostig en of hulle dus aan jou moet leen, of nie.   

As jy jou krediettelling gekry het, het jy ’n goeie idee of ’n kredietverskaffer jou as ’n hoë of lae kredietrisiko sien, asook areas waar jy jou telling kan verbeter sodat jy vir krediet kwalifiseer.

As jy ontevrede is met jou krediettelling, is dit belangrik om te verstaan wat die belangrikste faktore is wat dit beïnvloed en hoe jy dit kan verander.

1. Rekeningbetalingsgeskiedenis

Dit is die grootste faktor wat jou krediettelling affekteer – hoe jy jou rekeninge bestuur en of jy elke maand jou rekeninge en skuld ten volle en betyds betaal.

Wat om te doen: Kyk na jou kredietverslag om te sien watter rekeninge nie betyds en ten volle betaal is nie. Maak dan seker dat jy die uitstaande paaiement op elke rekening op die regte tyd van die maand ten volle betaal.

2. Te veel skuld

Jou krediettelling word ook geaffekteer deur die bedrag wat jy skuld, en hoeveel van jou beskikbare krediet jy gebruik.

Wat om te doen: Probeer om minder as 35% van jou huidige kredietfasiliteit-limiet te gebruik. Voorbeeld: As jy ’n kredietkaart of ’n winkelrekening met ’n limiet van R1 000 het, probeer om die uitstaande skuldbalans onder R350 te hou.

3. Negatiewe inligting

Openbare inligting in jou kredietverslag, soos hofuitsprake of administrasiebevele, wys dat jy nie al jou kredietverpligtinge kon nakom nie, en dit affekteer jou krediet telling.

Wat om te doen: Gaan deur jou kredietverslag en vind al die negatiewe inligting. Doen dan daadwerklike stappe om al jou uitstaande skuld te betaal sodat die negatiewe inligting uit jou kredietverslag gehaal kan word.

4. Jou kredietgeskiedenis 

Hoe lank elkeen van jou rekeninge oop is, speel ’n rol in die berekening van jou krediettelling.

Wat om te doen: Maak seker dat jy ’n gesonde balans van krediet (winkelrekeninge, kredietkaarte, huislening, selfoonrekeninge) het om ’n sterk en konsekwente kredietgeskiedenis te vestig.

5. Rekeningaansoeke 

Te veel kredietaansoeke binne ’n kort tydperk affekteer nie net jou krediettelling nie, maar kan ook voornemende leners laat dink dat jy in finansiële moeilikheid is.

Wat om te doen: Probeer om nie te veel aansoek te doen vir krediet nie. Te veel gelyktydige aansoeke kan ’n aanduiding wees dat daar dalk ’n beduidende verandering in jou finansiële omstandighede is.

Laastens: Kyk gereeld na jou kredietverslag, en jou krediettelling. Kyk uit vir enigiets wat nie reg lyk nie en nader ’n kredietburo om enige onakkuraathede teen te staan. Dit kan jou teen identiteitsdiefstal beskerm en help om jouself goed te laat lyk vir potensiële kredietverskaffers.

Besoek TransUnion by www.transunion.co.za of skakel 0861 482 482 om jou kredietverslag aan te vra of om ’n beswaar aan te teken.

Hoe om verstekke en uitsprake te hanteer

Wanneer jy sukkel om betyds jou skuld te betaal, kom woorde soos verstek en uitspraak vinnig na vore.

Wat is die impak van ’n verstek en uitsprake op krediet, en wat kan jy daaroor doen?

Die eerste ding is om te verstaan wat hierdie terme beteken. Dit maak ’n groot verskil wanneer jy die vrees uit krediet haal en die taal verstaan. Dit maak dit makliker om te dink in ’n ongemaklike situasie en dit is ’n goeie manier om jou krediet te bestuur.

1. Onthou wat dit kos

Moenie jou skuldverpligtinge ignoreer nie. As jy agter raak met betalings kan dit ’n baie groot impak op jou lewe hê:

* Dit kan jou kanse om in die toekoms krediet te kry verminder, want dit affekteer jou krediettelling;

* Dit sal waarskynlik die koste van krediet vermeerder weens hoër rentekoerse en ander boetes; en

* Dit kan selfs jou kanse op ’n nuwe werk affekteer, veral as jy in die finansiële sektor werk of in ’n beroep waar jy verantwoordelik met geld moet werk.

2. Verstaan wat alles beteken

Wat is ’n verstek?

As jy vir langer as drie maande nie ’n paaiement betaal nie, sal dit op jou kredietverslag verskyn, want jy het versuim om jou paaiement te betaal. ’n Verstek bly op jou kredietverslag vir ’n jaar, of totdat jy jou rekening op datum gebring het.

Die goeie nuus is dat hierdie status verwyder word van jou kredietverslag sodra die lener bevestig dat die geld terugbetaal is. ’n Kredietverskaffer moet volgens die Nasionale Kredietwet jou 20 dae geskrewe kennis gee dat jou verstek aan die kredietburo gerapporteer gaan word.

TransUnion het oor die laaste 12 maande ’n 2%-styging hiervan gesien.

Wat is ’n uitspraak?

Dit is baie meer ernstig. Wanneer jy nie herinneringsbriewe antwoord nie, of wanneer jy nie by jou betaalreëlings hou nie, kan ’n kredietverskaffer aksie teen jou neem deur aansoek te doen vir ’n hofuitspraak. ’n Uitspraak word deur die hof gemaak wanneer ’n wettige dagvaarding uitgereik is en jy verdedig nie die dagvaarding nie, of jy betaal nie die betrokke bedrag nie. ’n Hofuitspraak kan vyf jaar op jou kredietverslag bly of totdat die skuld ten volle betaal is. Oor die algemeen sal jy gerapporteer word vir wanbetaling voordat daar ’n uitspraak teen jou gemaak word. Wees baie versigtig – as jy nie aksie neem om die dagvaarding teen te staan of jou kredietverskaffer kontak om reëlings vir ’n terugbetaling te tref nie, kan ’n uitspraak in jou afwesigheid gemaak word.

3. Neem beheer

Hoe vind jy uit of daar enigiets teen jou naam is? ’n Dagvaarding kan dalk as ’n verassing kom as jy jou adres verander het.

’n Goeie begin is om gereeld na jou kredietverslag te kyk. Dit is ’n rekord van jou kredietgeskiedenis wat van ’n aantal bronne soos banke, selfoonmaatskappye en invorderingsagentskappe saamgestel is. Dit weerspieël jou betalingsgedrag oor 24 maande.

Verbruikers is baiekeer nie bewus daarvan nie, of te senuweeagtig om te kyk na hul kredietstatus, veral wanneer hulle dink hulle het ’n terugbetaling gemis of daar is ’n uitspraak teen hulle.

Wanneer jy na jou kredietverslag kyk, is dit rêrig belangrik om uit te kyk vir die rooi vlae van “uitsprake” of “ ’n verstek” teen jou, want albei het groot negatiewe implikasies vir jou krediettelling. TransUnion bied ’n krediet-notifikasiediens saam met sommige van hul pakette. Hierdie diens laat jou per SMS of e-pos weet as daar ’n nuwe verstek of uitspraak by jou kredietverslag gevoeg is.

4. Skuif van rooi na groen

Wat kan jy doen om die situasie te red? Verstekke en uitsprake, wanneer dit ten volle betaal is, kan verwyder word met die hulp van kredietburo’s soos TransUnion. Oor die algemeen word dit outomaties verwyder wanneer die terugbetalings gedoen is. Hierdie diens is verniet, moenie val vir maatskappye wat beweer dat hulle dit vir jou kan verwyder nie.

As jy die proses wil bespoedig, kan jy ’n geskil verklaar by die kredietburo. Jy moet al die relevante dokumentasie, insluitend die brief van jou kredietverskaffer wat bevestig dat jy alles terugbetaal het, verskaf. Dit kan 20 dae vat vir die geskil om hersien te word. Moenie kanse vat met hierdie proses nie, as die saak as ongeldig beslis word, word dit op jou kredietverslag aangeteken vir 12 maande.

Onthou:

  • As jy geld leen, word jy as ’n krediet-aktiewe-verbruiker gesien.
  • As jy in ’n posisie is om krediet te gebruik moet jy finansieel verantwoordelik wees.
  • ’n Kredietverslag verander die heeltyd solank jy krediet-aktief is.

Besoek TransUnion by www.transunion.co.za
of skakel 0861 482 482 om jou kredietverslag aan te vra,
of om ’n geskil te rapporteer.

Beskerm jouself teen identiteitsdiefstal 

Die koronaviruspandemie het ons lewe op baie maniere geraak. Een van die bedreigings is die toename in kuberkrakers wat die pandemie gebruik om jou geld, persoonlike inligting, of albei, te steel.

Identiteitsdiefstal is ’n groot probleem in Suid-Afrika. Ons navorsing toon dat amper die helfte van Suid-Afrikaanse verbruikers óf ’n slagoffer was van identiteitsdiefstal, óf iemand ken met wie dit gebeur het.

Die probleem met identiteitsdiefstal is dat slagoffers eers maande later daarvan uitvind en teen daardie tyd het ’n kuberkraker reeds toegeslaan en groot skuld op die slagoffer se naam aangegaan.

By TransUnion het ons ’n skerp toename gesien in kubermisdadigers wat die koronavirus gebruik as ’n rookskerm vir hul aktiwiteite. Hulle stuur e-posse en SMS’e van skynbaar wettige organisasies met inligting oor Covid-19, of hulle bied spesiale aanbiedinge of geskenke aan.

Die oomblik as jy op die skakel in die e-pos of SMS klik, kan jy onwetend sagteware aflaai wat die kuberkraker toelaat om beheer oor jou rekenaar te neem en sodoende persoonlike inligting en finansiële data in die hande te kry wat dan tot identiteitsdiefstal kan lei.

Deur middel van ’n vals webwerf probeer hulle jou ’n rat voor die oë draai om vervalste produkte, of produkte wat nie bestaan nie te koop en dan verdwyn hulle met jou geld.

Dit is ’n lang en stresvolle proses om jou gesteelde identiteit terug te kry, maar hier is ’n paar stappe wat jy kan doen om jouself te beskerm teen identiteitsdiefstal:

Moet nooit op ’n skakel klik of jou persoonlike inligting deel nie

Uitvissing is ’n groot faktor wanneer die kom by identiteitsdiefstal en bedrog. Jy kry ’n brief van jou bank of diensverskaffer wat amptelik en belangrik lyk en waarin jy vir jou inligting gevra word of om iets in jou rekening te verifieer. Moenie. Geen betroubare maatskappy sal jou ooit in ’n e-pos vra om inligting te verifieer nie. Moet nooit op ’n skakel in die e-pos klik nie, maak nie saak hoe geloofwaardig dit lyk nie.

Doen aanlyn inkope net op betroubare webtuistes

Die inperking het ’n oplewing in aanlyn inkopies tot gevolg gehad en mense het enigiets van kruideniersware en boeke tot lugtyd gekoop. Maak seker dat daar ’n “https” in die webadres is, asook ’n ikoon van ’n geslote hangslot aan die linkerkant van die URL. Die “s” staan vir veilig en dit beteken die webtuiste is geloofwaardig. Moenie net klik op skakels met aanbiedinge wat te goed lyk om waar te wees nie – maak seker jy ondersoek die webtuiste eers.

Beveilig jou aanlyn identiteit 

Maak seker dat jou wagwoorde sterk is vir belangrike rekeninge soos die bank, aanlyn aankope en e-pos. Verander die wagwoorde gereeld en moenie dieselfde wagwoord gebruik vir al jou aanlyn profiele nie. Waar dit moontlik is, gebruik twee-faktor-verifikasie wat dit baie moeiliker maak vir swendelaars om by jou rekeninge uit te kom. Die twee-faktor-verifikasie is ’n veiligheidsproses waar gebruikers twee verskillende verifikasies gebruik, dit beteken dat jy ’n wagwoord en iets soos ’n vingerafdruk of gesigskandering gebruik.

Gaan gereeld jou transaksie-waarskuwings na

Die beste manier om seker te maak dat jou identiteit en krediet veilig is, is om jou bankstate en kredietverslag gereeld na te gaan. Bedrieërs is baie aktief gedurende ’n krisis, want mense se aandag is afgelei. TransUnion se TrueIdentity-diens stuur onmiddellik ’n e-pos- of SMS-waarskuwing wanneer jou persoonlike inligting op die donkerweb raakgesien word en stel kundiges beskikbaar om jou identiteit te herstel. Die diens bied ook versekering vir identiteitsdiefstal.

Jou identiteit is gesteel

Een van die vinnigste groeiende misdade in die wêreld is identiteitsdiefstal. Kundiges reken dat iemand in die wêreld elke twee sekondes die slagoffer is van identiteitsdiefstal. Ongelukkig glo die meeste mense dat dit nie met hulle kan gebeur nie, totdat dit te laat is en hulle kredietwaardigheid verwoes is.

In Suid-Afrika is identiteitsdiefstal ’n groot problem. Volgens TransUnion is amper die helfte van die land se bevolking ’n slagoffer van identiteitsdiefstal, of ken iemand met wie dit gebeur het.

Dit kan maande, of selfs jare, neem voordat identiteitsdiefstal bespeur word, terwyl die diewe baie skuld opbou in jou naam. Baie voorvalle kom eers aan die lig wanneer slagoffers eisbriewe ontvang vir skuld waarvan hulle niks weet nie, of wanneer hulle afgekeur word vir krediet terwyl hulle onder die indruk is dat hul kredietrekord skoon is.

Dit is wat jy moet doen as jou identiteit gesteel is

Meld die diefstal aan

  • Meld dit onmiddellik by die SAPD aan. Gee soveel inligting as wat jy in die hande kan kry, en maak ’n lys van al die bedrieglike bedrywighede waarvan jy weet. Hou ’n kopie van die verslag en die saaknommer as bewys sou kredietverskaffers dit wou sien.
  • Skakel met die Southern African Fraud Prevention Service (SAFPS) deur ’n gratis SMS te stuur na 43366 met die sleutelwoord “Protectid”. Hulle sal jou skakel en wys hoe om te registreer vir ’n Beskermende Registrasie of Slagoffer van Nabootsing notering.
  • Kontak die maatskappy, bank of finansiële instelling waar die bedrog plaasgevind het.
  • Vir versekeringsbedrog, kontak jou versekeringsverskaffer en laat hulle weet dat jou identiteit geroof is.

Vries jou rekeninge

  • Maak jou huidige bankrekeninge toe, asook die rekeninge wat deur die diewe oopgemaak is. Kry nuwe rekeninge en PIN’s.
  • Laat weet kredietburo’s soos TransUnion, hulle sal jou rekening beskerm teen enige nuwe kredietaansoeke wat in jou naam gemaak word.

Beskerm jou identiteit

  • Verander jou aanmeld- en wagwoorde vir al jou aanlyn rekeninge, nie net dié wat gesteel is nie. Een van die beste maniere om jou identiteit te beskerm is om gereeld jou e-pos en aanlyn wagwoorde te verander.
  • Wees baie skepties oor e-posse en aanbiedinge van onbekende senders. Nee, daai biljoenêr oom oorsee wat al jare lank na jou soek, bestaan nie!

Hou ’n oog op jou transaksiewaarskuwings

  • Die beste manier om seker te maak dat jou identiteit veilig is, is om jou bank- en kredietkaartstate noukeurig deur te gaan. Bedrieërs is baie aktief gedurende krisistye.
  • ’n Diens soos TrueIdentity van TransUnion gee vir jou onmiddelike e-pos- en SMS-waarskuwings wanneer jou persoonlike inligting op die donker web bespeur word. Dit gee jou ook toegang tot kundiges wat jou kan help om jou identiteit terug te kry en te herstel.

Om jou identiteit terug te eis en om jou kredietrekord skoon te maak is ’n lang en moeilike proses. Dit is belangrik om die veiligheid van jou persoonlike informasie te beskerm en om die herstelproses goed te bestuur as jou informasie in gedrang is. Vroeë opsporing en die gebruik van ’n produk soos TransUnion’s TrueIdentity, kan die skade aan jou finansies en kredietrekord klein hou wat jou ’n beter kans gee om jou identiteit terug te eis.

Daar is net een van jou – hou dit so

Jou kredietgesondheid speel ‘n baie groot rol in jou finansiële lewe. Baie keer bepaal dit of jy goedgekeur word vir ‘n lening of kredietfasiliteit en dit kan ook die rentekoers wat jy aangebied word bepaal.

Maar as jou persoonlike inligting in die verkeerde hande val kan jy die slagoffer van identiteitsdiefstal of bedrog word, en dit is verwoestende nuus vir jou kredietgeskiedenis.

Identiteitsdiewe gebruik gesteelde informasie soos jou ID-nommer om bedrog te pleeg en krediet in die hande te kry. As hierdie krediet nie betaal word nie, affekteer dit jou krediettelling negatief. Om sulke identiteitsdiefstalle op te los, kan maande neem en tot onbeplande uitgawes lei.

Die mees algemene manier waarop identiteitsdiewe toegang kry tot jou sensitiewe persoonlike inligting is deur fisiese diefstal soos jou handsak gryp of jou beursie steel. Ander maniere van diefstal sluit in OTM-swendelary of aanlyn oortredings soos kuberkrakery of uitvissing (phishing).

Vir so min as R4 per dag bied TransUnion TrueIdentity aan. Dit is ‘n unieke produk wat die uitdagings van identiteitsdiefstal takel deur informasie en hulpmiddels te bied om identiteitsverwante bedreigings uit te wys en ook, waar nodig, ‘n manier te bied om van die diefstal te herstel.

TrueIdentity help so om jou identiteit terug te kry:

ID Monitor stuur onmiddellik e-pos of SMS waarskuwings wanneer jou persoonlike inligting op die donker web bespeur word.

ID Restore gee jou kundige forensiese hulp wanneer jou identiteit gesteel is.

ID Recover gee identiteitsdiefstalversekering om jou te help om van die diefstal te herstel.

Credit Alerts laat jou weet van kritieke veranderinge in jou kredietverslag die oomblik as dit gebeur. Dit laat jou toe om onverwagte negatiewe noterings of ongemagtigde veranderings, wat dalk bedrog kan wees, te sien. Jy sal ‘n e-pos of SMS ontvang as:
* ’n aansoeknavraag gedoen is;
* ’n rekening oopgemaak is of;
* ’n oordeel of verstek uitgereik is.

Credit Report: Jou kredietverslag gee jou gedetailleerde insae in jou kredietverslag gebaseer op die informasie wat deur jou kredietverskaffers gegee is.

Credit Score: Jou krediettelling is ‘n numeriese aansig van jou kredietgeskiedenis en betalingsgedrag. Dit is ‘n blik op hoe jy jou skuld bestuur. Jou krediettelling dien as jou persoonlike maatstaf wat jou kan help om jou kredietgedrag te verbeter.

Daar is ook ander fasiliteite soos Debt AnalysisScore Reasons en Score Trending wat jou die kans gee om te voorspel wat die invloed van jou kredietgedrag is op jou kredietgesondheid.